Toevallige tekens
Toevallige tekens is Martjie Bosman se tweede digbundel en volg op Landelik (2003). Om die verse in hierdie digbundel te lees is soos om spore te volg. In die eerste afdeling word die verwoestende gevolge op veral vroue en kinders van die oorlog en armoede in Mosambiek en Rwanda getoon.
Die tweede afdeling word gekenmerk deur bedreigings wat elke Suid-Afrikaner ervaar: Jou handsak word uit jou motor gesteel, ’n indringer wil die veilige hawe van jou huis betree, die dood wag dalk op die snelweg wat jy elke dag ry. Ná die aanslag van die bose van afdelings 1 en 2, word afdeling 3 gekenmerk deur mooi en gerusstellende herinneringe van ’n verblyf op ’n rustige dorp.
In afdeling 4 kom kunstenaars, musikante en musiek aan die bod. Die bundel word afgesluit met die laaste afdeling waar tekens van nuwe lewe, seisoene en tye getoon word. Bosman toon in hierdie bundel tekens van die dood en verval aan, maar ook tekens van hoop, lewe en onverwagse skoonheid.
ISBN-13: 9781869194000
Koop nou